Die eerste netbalspanne van Bloemhof en DF Malan. Foto: verskaf

Die einde van die Junie-eksamen het vanjaar nie die einde van die sportliga beteken nie en netbal- en hokkiewedstryde teen die Hoërskool DF Malan het op 12 Junie plaasgevind.  Gure weer het beteken dat slegs die vyf A-spanne op die binnenhuise netbalbaan kon uitdraf, maar al tien hokkiespanne het hul teenstanders aangedurf.     

In die Bloemhof Sentrum het DF Malan se o.14A-netbalspan vir ’n vroeë oorwinning gesorg toe hulle met een doel gewen het, maar ons o.15-, o.16-, o.17- en o.18-spelers keer dat dit weer gebeur.  In ’n spannende wedstryd wen die Bloemhof o.18A-netbalspan 29:22. 

Die o.14A-hokkiespan is ook die enigste span wat op die astro die knie moet buig terwyl die o.14B- en o.19B-spanne albei met gelyke tellenings die veld verlaat.  Die Investec o.19A-hokkiespan wen 3:0, maar dis veral die o.16’s wat verras:  Die A-span wen 7:3 en die D-span 4:0.   Volledige uitslae volg ná die opsomming hier onder.   

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos