Vier van die vyf A-netbalspanne het vanjaar tot die provinsiale uitspeelronde van die Topskole Netbalkampioenskappe deurgedring nadat hulle op Vrydag, 24 Mei aan die streeksuitdun deelgeneem het.  Dis slegs die o.14-span wat nie verder aan hierdie nasionale kompetisie sal deelneem nie – die span het net-net uitgeval het hulle in die finale wedstryd 11:13 teen HTS Drosty verloor het.

Die o.15’s en o.18’s kon daarin slaag om al hul wedstryde te wen, en al moes die o.16’s en o.17’s oorwinnings afstaan, het dié spanne dit reggekry om onder die streek se top drie spanne in hul ouderdomsgroepe te eindig.

Die provinsiale uitspeelrondte vind Saterdag, 1 Junie 2019 by HS De Kuilen in Kuilsrivier plaas.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos