Bloemhof is steeds betrokke by die GoKidz speel- en nasorgskool in die Jamestown-begraafpark se informele nedersetting en dié opheffingsprojek word tans uitgebrei met ’n Mamma-en-baba-groepie. ‘n Wendyhuis is reeds beskikbaar, maar die volgende word benodig om die projek van stapel te stuur:

  • 1 of 2 laaikassies
  • Enkelbed, (of enkelbedmatras)
  • Klein tafel (eettafel hoogte)
  • Mat (3x3m) of kleiner
  • Muurrakkies
  • Baba speelgoed/boekies
  • Boekrak
  • Skryfbehoeftes soos prit en vetkryt

Ons sal dit opreg waardeer as ons ouers en leerders sal inkoop om hierdie projek suksesvol te maak. Enige bydrae in verband met bogenoemde behoeftes sal ‘n reuse verskil aan die werksaamhede maak.

Kontak asb. vir me. Venessa de Beer (venessa@bloemhofschool.co.za) of die skool vir enige navrae.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos