Margerite Hartung in aksie tydens 'n wedstryd teen Hoër Meisieskool La Rochelle. (Foto: Stephan Meyer)

Die 20ste All Girls’ Festival is vanjaar gesamentlik deur die HMS Paarl en die HMS La Rochelle aangebied en 22 openbare meisieskole van regoor Suid-Afrika het daaraan deelgeneem.

Vir die eerste keer neem Bloemhof ook aan enkele van die fees se kultuurkomponente deel en skryf ’n span vir die kookkompetisie (“Boland Cuisine”) en die vasvrakompetisie (“Masterminds”) in. Ook twee leerders – Jemmah Smith (gr. 8) en Jané Louw (gr. 11) – neem aan Public Speaking deel.

Anelda Smit en Carla Thiart (albei gr. 12) ontvang die prys vir die beste spanwen tydens hul deelname aan Boland Cuisine, terwyl die Julia du Preez (gr. 10), Zita Oberholster (gr. 10) en Zahn Marais (gr. 11) as die algehele wenners van Masterminds gekroon word.

Op die sportveld eindig die Bloemhof Investec o.19A-hokkiespan vyfde, terwyl die eerste netbal- en tennisspanne tot die fees se finale deurdring en teen Oranje die knie moet buig. Netbal en tennis eindig dus albei in die tweede plek.

Laai die volledige uitslae hieronder af. 

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos