Die Bloemhofbond hou jaarliks ‘n geldinsamelingsfunksie ten bate van ons Hulpfonds vir behoeftige leerders. Te danke aan ons hoofborg hierdie jaar, die Isa Carstens Akademie, is ‘n aand met Marciel Hopkins vir ons moontlik gemaak. Marciel kom deel haar reis van selfaanvaarding met ons.

 

Ondersteun ons asseblief deur jou kaartjies aanlyn by https://bloemhofbond.alumnet.co.za/Event/Damesaand-met-Marciel-Hopkins te koop. Kaartjies kos R150 per persoon en sluit ligte verversings van Red Pepper Spyseniering in. 

 

Enige dames tussen die ouderdom van 10 en 80 jaar is welkom. Tafels van 8 is beskikbaar. Stalletjies met gin, wyn, koffie, klere, leer handsakke en Creative Cuisine Pantry produkte te koop.

 

Kom bederf jouself!

 

 

Kontak ons gerus by bloemhofbond@bloemhofschool.co.za of 0769728836 vir enige verdere navrae.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos