Anje Dercksen by die afgelope Saalperdprysuitdeling.
Afrigter Charl Oosthuizen, Mila Olivier en Nico Olivier.

Ons is besonder trots op Anje Dercksen en Mila Olivier se puik ruiterkuns-prestasies. Mila, gesien op die foto saam met haar pa, Nico, en afrigter, Charl Oosthuizen, is as die kaptein van die Junior-Proteaspan vir vyfgang aangewys. 

 

Anje hou ’n trofee vas wat sy vir “Junior Showman of the Year” en “Equitation Rider of the Year” by die afgelope Saalperdprysuitdeling in Bloemfontein ontvang het. 

 

Anje is nie net deel van die driegang- en vyfgangspan nie, maar ook as die kaptein van die Senior-Protea driegangspan aangewys.

 

Welgedaan, Mila en Anje!  Ons wens Anje voorspoed toe vir vandag se “Champion of Champions”-ruiterkunskampioenskappe in Bloemfontein.

 
Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos