Soos iets uit 'n sprokie... Bloemhoffers in hul kleurvolle kostuums ter viering van Wêreldboekedag. Foto: Leon Piron

Ter viering van Wêreldboekedag, wat jaarliks op 23 April gevier word, het die leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof op Donderdag, 18 April hul gunsteling storieboeke vir inspirasie oopgeslaan en nes een van die karakters aangetrek. 

 Bloemhof se gange was as ’t ware ook dié van Hogwarts, J.K. Rowling se bekende skool vir toorkuns en towery toe ’n groot aantal opvoeders as proffesore van Huis Gryffendor, Slytherin, Hufflepuff en Ravenclaw die dag se klasse aangeduf het.  Die leerders se vierkant was terselfdertyd A.A. Milne se Hundred Acre Wood met Winnie-die-Pooh en sy vriend Christopher Robin nie te ver nie en, as jy mooi kyk, kon jy selfs vir Willie en sy makkers vind.  Katniss Everdeen, die heldin van Suzanne Collins se Hunger Games-reeks se kostuum was in die kol en ewe wonderlik was die Alices en hul Haastige Hase.  Selfs die adelikes het opgedaag: Sneeuwitjie, die Slapende Skoonheid en selfs Star Wars se Princess Leia.

 Hierdie inisiatief is deur me. Venessa de Beer, die bestuurder van die skool se mediateek, van stapel gestuur om fondse vir liefdadigheid te werf en die leerders aan die wonderlike wêreld van boeke te herinner. 

 “Boeke verbreed die verbeelding,” sê sy, “en met die wonderlike kostuums wat die dag opgelewer het, is dit duidelik dat Bloemhoffers kreatief is en dit geniet om pret te hê.”

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos