Die geluide van die vloeiende Eersterivier was gisteraand om 19:00 behoorlik onderbreek toe die Bloemhof Accelerando-koor 2019 se beKoormet styl afgeskop het. 
 
beKoor het op 11 Mei 2011 tot stand gekom met die Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoërskool Stellenbosch, Rhenish Girls’ High School en gashere Paul Roos Gimnasium wat almal deelgeneem het.  Agt jaar later en dieselfde kore neem steeds deel in ’n aand wat al hoe meer gewild raak.  
 
Accelerando, onder leiding van me. Marijke Roos, het die aand met Vueli (Frode Fjellheim en Christophe Beck) begin en daarna die 8-stemmige Eternity (Michael Bojesen), begelei deur me. Suné van Wyk, aangepak.  Met die dat daar agt verskillende stemme terselfdetyd sing, deel die koor in drie verskillende “kore” wat tog steeds in harmonie moet sing. Na dié nootvaste vertoning het die dames hul beurt op die aand met die energieke Sililiza/Hear Me (Jim Papoulis) afgesluit. 
 
Ons is baie trots op die dames se vertoning en sê dankie dat hulle ons weereens op ‘m musikale reis geneem het!

 

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos