Die o.18A-netbalspan het vir PV 40:19 geklop. Foto: Stephan Meyer

Die HMS Bloemhof het vanjaar skoonskip op die netbalbaan gemaak toe ons spanne teen Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes uitgedraf het.  Weens reën op Saterdag, 13 April moes ’n aantal wedstryde afgestel word, maar van die 13 wedstryde wat wel voortgaan, kraai die Bloemhoffers in almal koning.  Tydens die eerstespanwedstryd op PV se binnenhuise netbalbaan is dit die gasvroue wat eerste ’n doel aanteken en die tellings bly aanvanklik gelyk. Teen teen die begin van die tweede kwart slaag die Bloemhof-verdedigers egter goed daarin om PV se afgooie suksesvol te draai en die eindtelling is 40:19 in Bloemhof se guns.

Ook op die astro vaar die Bloemhoffers puik en slegs in een wedstryd word die knie teen PV gebuig.  Die Bloemhof Investec o.19A-hokkiespan wen 2:1 in ’n wedstryd waar PV oomblikke na die afslaan ’n doel aanteken, maar Bloemhof se verdediging laat dit nie weer toe nie.  Uiteindelik teken Bloemhof-hokkiespanne ’n totaal van 31 doele oor 11 wedstryde aan met slegs sewe doele teen hulle. 

Jemmah Smit (o.14B). Foto Stephan Meyer

NEBAL

  • o.14A wen 15:10
  • o.14B wen 15:2
  • o.14C wen 11:9
  • o.15A wen 39:5
  • o.15B wen 20:18
  • o.15C wen 17:3
  • o.16A wen 51:2
  • o.16B wen 30:3
  • o.16C wen 12:3
  • o.17A wen 16:2
  • o.17B wen 17:1
  • o.18A wen 40:19
  • o.18B wen 17:6
Grace Prins (o.14A). Foto Stephan Meyer

HOKKIE

  • o.14A wen 2:0
  • o.14B wen 3:0
  • o.14C wen 5:1
  • o.16A wen 5:0
  • o.16B wen 1:0
  • o.16C verloor 3:4
  • o.16D wen 1:0
  • o.19A wen 2:1
  • o.19B wen 5:0
  • o.19C speel gelykop 1:1
  • o.19D wen 3:0
Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos