Zahn Rossouw, die doeltreffende Senterbaanspeler vir die o.15B's. Foto: Leon Piron

Tydens die jaarlikse Stellenberg-netbaltoernooi vir B- tot F-spanne het 20 van Bloemhof se 25 spanne ’n totaal van 62 wedstryde gespeel.  Hierdie voorseisoen-toernooi is veral waardevol vir afrigters wat nog spankombinasies toets, maar gee ook vir die spelers wedstrydervaring vóór die amptelike seisoen begin.   

Die Bloemhofspanne wen net meer as die helfte van hul wedstryde, en buiten die o.18’s, slaag al die ouderdomsgroepe daarin om in totaal meer doele as hul teenstanders aan te teken:

Die o.17’s vaar goed – veral gesien in die lig dat die o.17D’s teen hul opponente se o.18D’s deelgeneem het – en wen ses van hul nege wedstryde.  Die o.16C’s, o.16F’s en o.17C’s slaag daarin om al hul wedstryde te wen.  

Laai gerus die volledige uitslae hier onder af.   

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos