Me. Wilna van Heerden, skoolhoof van die Hoër Meisieskool Bloemhof, is op Donderdag, 4 April tydens ’n funksie in Sandton, Johannesburg met ’n toekenning vir Leierskap in Onderwys vereer.

Die stigter en organiseerder van World Sustainability, dr. R.L. Bhatia, se oogmerk met die toekennings is om leiers (ook van ander lande buite Suid-Afrika) te identifiseer wat daarin kon slaag om binne die raamwerk van hul besighede of instellings verskeie vlakke van uitnemendheid te bereik en daarop te verbeter. Die fokus val verder op individue wat deur leierskap en innovasie nuwe leiers ontwikkel sodat die gaping tussen die akademie en die nywerheidsektor suksesvol oorbrug kan word.

In me. Van Heerden se toespraak het sy die paneel bedank dat Onderwys ook saam met groot sakeleiers, professore en genoteerde firmas erkenning ontvang. Sy het egter gesê dat sy nie die eer alleen verdien nie en dat sy graag die toekenning namens haar personeel in ontvangs neem.

“Sonder hulle gesindheid, kundigheid en werksetiek, sou ek nie so effektief kon lyk nie.”.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos