Anouk Heuer in aksie tydens die ASA-kampioenskappe foto: verskaf

Nege atlete van die Hoër Meisieskool Bloemhof het tydens die skoolvakansie aan nasionale atletiekbyeenkomste deelgeneem:  Eerste aan die beurt was die SA Skolekampioenskappe wat van 21 tot 23 Maart in Port Elizabeth plaasgevind het waarna die ASA Kampioenskappe vir o.18’s en o.20’s van 28 tot 30 Maart in die Paarl gehou is.

Georgia Channon eindig tweede in die diskus vir vroue o.19 tydens die SA Skolekampioenskappe en derde in die diskus vir vroue o.20 tydens die ASA Kampioenskappe. 

In Port Elizabeth wen Anneken Viljoen die brons medalje in die 800m vir dogters o.17, iets wat sy ook in die 1500m vir dogters o.18 in die Paarl regkry.  As lid van die 4x400m-aflos wen sy ook tydens die ASA Kampioenskappe ’n goue medalje.

Mieke Basson, Bloemhof se atletiekkaptein, palm in die Paarl twee medaljes in:  ’n Goue medalje as lid van die 4x100m-aflosspan en ’n silwer medalje in die verspringput waar sy ’n afstand van 5.22m spring.    

Die volledige uitslae is as volg:

 

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos