- 04 Maart 2019
- | 09:59
- | 4M, Nuus, Nuus – Atletiek, Nuus – Sport

Die jaarlikse 4M-atletiekbyeenkoms is op Donderdag, 21 Februarie by die nuwe Coetzenburg Stadion aangebied waar die Hoër Meisieskool Paarl vir die eerste keer in 21 jaar met die trofee weggestap het.
Bloemhof het dié byeenkoms, waar die vier Bolandse meisieskole op die atletiekbaan en -veld kragte meet, aangebied. “Die kompetisie bly fel,” sê ons skoolhoof, me. Wilna van Heerden, “maar by die 4M word ons dogters geleer om met nederigheid te wen en met waardigheid te verloor. Ons noem dit susterskap en trots.”
Alhoewel die HMS La Rochelle, wat reeds die afgelope ses jaar die kompetisie oorheers het, steeds vanjaar die grootste meerderheid van die individuele toekennings ontvang het, is dit die Girls’ High-atlete wat in die o.14-, o.15-, o.17- én o.19-afdelings seëvier.

Bloemhof se Geogria Channon (foto hier bo) is as die beste o.19-veldatleet aangewys, terwyl Nicole Louw van Rhenish Girls’ High School die toekenning vir die beste o.19-baanatleet ontvang het. Georgia was eerste in die diskus vir vroue o.19 en het ‘n afstand van 39.77m gegooi.
Die puntetotaal aan die einde van die byeenkoms getuig daarvab dat Girls’ High die ander skole stof in die oë kon skop, terwyl daar slegs ‘n verskil van 35 punte tussen Bloemhof en La Rochelle was:
- HMS Paarl (471 punte)
- HMS La Rochelle (379 punte)
- HMS Bloemhof (344 punte)
- Rhenish GHS (158 punte)
Bloemhofatlete is 32 keer op die podium met 12 eerste, 11 tweede en 9 derde plekke. In die aflosse kry die o.15-span dit reg om tweede te eindig, terwyl die o.17’s en o.19’s derde met die stokkie oor die wenstreep tree.
Bloemhoffers wat in die top drie plekke geëindig het, se uitslae verskyn hier onder, maar kan ook hier afgelaai word.
Posisie | Naam en Van | Oud. | Item | Uitslag |
1ste | Mieke Basson | o.19 | Verspring | 6.08 (nuwe rekord) |
1ste | Mieke Basson | o.19 | 100m-hekkies | 15.69 |
1ste | Georgia Channon | o.19 | Diskus | 39.77 |
1ste | Georgia Channon | o.19 | Gewigstoog | 11.02 |
1ste | Anneken Viljoen | o.17 | 800m | 2.16.91 |
1ste | Anneken Viljoen | o.17 | 1500m | 4.52.62 |
1ste | Azrea Sylvester | o.17 | Verspring | 5.61 |
1ste | Anouk Heuer | o.17 | Spiesgooi | 36.57 |
1ste | Elandri Schmidt | o.15 | 1500m | 4.59.02 |
1ste | Janke-Martine Viljoen | o.14 | 800m | 2.31.65 |
1ste | Elle Olivier | o.14 | Diskus | 25.19 |
1ste | Elle Olivier | o.14 | Gewigstoot | 10.20 |
2de | Carli Jacobs | o.19 | 1500m | 5.15.11 |
2de | Anine Oosthuizen | o.19 | 3000m | 11.28.94 |
2de | Greta Malan | o.17 | Driesprong | 10.74 |
2de | Greta Malan | o.17 | Verspring | 5.45 |
2de | Anne-Marie Celliers | o.17 | 100m-hekkies | 16.17 |
2de | Cimòn van der Westhuizen | o.17 | 1500m | 4.56.34 |
2de | Cecilia Willer | o.15 | 100m | 13.61 |
2de | Cecilia Willer | o.15 | 400m | 61.85 |
2de | Nelbé Mouton | o.14 | Spiesgooi | 29.39 |
2de | Sumari van Blerk | o.14 | Diskus | 23.31 |
2de | Marna Horn | o.14 | Hoogspring | 1.45 |
3de | Ilse Brugman | o.19 | 800m | 2.27.96 |
3de | Cara Taylor | o.17 | Verspring | 5.28 |
3de | Mienke Viljoen | o.17 | 800m | 2.20.14 |
3de | Helena Swart | o.15 | Hoogspring | 1.50 |
3de | Jessica Hess | o.15 | Spiesgooi | 35.56 |
3de | Mikaela Dednam | o.15 | 100m | 13.74 |
3de | Kyanti Greyling | o.15 | 400m | 63.17 |
3de | Simone Muller | o.14 | Gewigstoot | 9.88 |
3de | Janke-Martine Viljoen | o.14 | 400m | 64.65 |