Elsa-Marié van der Watt lees uit haar opstel in die Lady Margaret Hall in Oxford, Engelend voor. Foto: Marike van der Watt

Elsa-Marié van der Watt, ‘n graad 9-Bloemhoffer, het tydens ‘n besoek aan Oxford in Engeland gesien die John Locke Instituut nooi denkers uit om vir die jaarlikse opstelkompetisie in te skryf.  Elsa-Marié het nie net ingeskryf nie, maar die kortlys gehaal en op Vrydag, 14 September ‘n prysuitdelingseremonie tydens ‘n gala-aand in Oxford se Lady Margaret Hall bygewoon.

Inskrywings is vanuit 102 verskillede lande ontvang en skrywers kon onderwerpe uit een van vier kategorieë kies. 

 Dit was ‘n fantastiese ervaring wat ek vreeslik baie geniet het,” sê Elsa-Marie, wat besluit het om ’n onderwerp in die kategorie Regte en Politiek aan te pak waarin sy oor die gepaste straf vir diktators wat skuldig is aan oorlogsmisdade moes besin.  Sy sê sy moes deeglike navorsing vir die opstel doen, buite die boks oor terme soos “geregtigheid” dink en saans tot ná middernag daaraan skryf.    

Verder was sy een van slegs vier skrywers wat gevra is om tydens die prysuitdeling ’n verkorte weergawe van haar opstel voor te lees. 

 Alhoewel sy nie die opstelkompetisie gewen het nie, het sy onder die top 5 in haar kategorie geëindig en een van sowat 20 skrywers uit al vier kategorieë wat ’n “Very High Commendation” toegeken is – ’n merkwaardige prestasie as in ag geneem word dat sy die jongste deelnemer op die kortlys was.

Die gogga het my nou beslis gebyt,” meen dié jong skrywer.  “Ek beplan om nog vir baie toekomstige opstelkompetisies in te skryf.”

“Dit was 'n fantastiese ervaring wat ek vreeslik baie geniet het... Ek beplan om nog vir baie toekomstige opstelkompetisies in te skryf.