Die Wes-Kaapse streeksfinale van die jaarlikse Radikale Redenaar-kompetisie het die afgelope naweek by die Hoërskool Stellenberg plaasgevind en sprekers van regoor die provinsie moes dit uitspook om een van slegs twee plekke per ouderdomsgroep in die finaal te kon opraap.  Onder die graad 8-leerders in die Wes-Kaap behoort ablei dié plekke agter die mikrofoon aan Bloemhoffers.

Melissa Ducharme en Mienja Strauss is Saterdag, 25 Augustus aangewys as die beste sprekers in hul ouderdomsgroep en het tot die nasionale finaal in Pretoria deurgedring.

Melissa en Mienja is baie opgewonde oor die geleentheid.  “In my toespraak sê ek Suid-Afrika beskik oor veel meer heuning as asyn, al is dit nie altyd so voor die hand liggend nie,” sê Mienja.  Melissa se onderwerp is “daar is tralies tussen ons en lag”.

Die finaal van Radikale Redenaar vind op 13 Oktober in Pretoria plaas.  Nóg twee Bloemhoffers, Tia Bruwer (gr. 9) en Andri Malan, sal ook hier deelneem.

Melissa Ducarme (links) en Mienja Strauss.