VIP-kaartjieverkope vir die Matriekafskeid (26 September) is vanaf volgende week teen R150 per kaartjie beskikbaar.

Matrikulante kan voorafbestellings op Dinsdag, 28 Augustus 2018 by me. Kruger in k. 22 plaas. Betaling en afhaal van hierdie bestellings, asook kontantverkope, kan op Donderdag 30 en Vrydag 31 Augustus by me. Kruger tussen 07:00 en 08:00 in die Sentrum-foyer gedoen word, maar is slegs vir matrikulante.

Kaartjies sal vanaf 3 September aan ander grade beskikbaar wees. Verkope hiervan sal deur die gr. 11-leerders in die vierkant gedurende pouse (10:20 – 10:45) geskied.

Kaartjies sal vanaf 5 September ook by die betaalkantoor beskikbaar wees.

Sitplekke word nie geallokeer nie.
Die kaartjie sluit wel iets ligs te ete en te drinke in.