Die Bloemhof Accelerando-koor speel Donderdagaand (23 Augustus) om 19:00 gasvrou vir die Shallaway Jeugkoor vanaf Newfoundland, Kanada. “Hulle verrig wondere vanuit wat as die Kalahari van Kanada beskou van word” meen Accelerando se dirigent, me. Marijke Roos.
Die Shallaway-koor bestaan uit dogters tussen die ouderdom van 13 – 18 en hulle bied net drie vertonings in Suid-Afrika aan.
Ons nooi almal om Donderdag, 23 Augustus, om 19:00 by die NG Moederkerk Stellenbosch die aand mee te maak.
Kaartjies is by die betaalkantoor, sowel as enige koorlid, asook op die aand teen R30 vir volwassenes en R20 vir skoliere/studente/kinders beskikbaar. Die opbrengs word, op die versoek van Shallaway, aan liefdadigheid geskenk.