Baie sterkte aan al die leerders en opvoeders wat na Oranje reis.  Hier volg die finale reëlings vir almal wat reis én tuisbly.


Leerders wat na Oranje reis

WOENSDAG/DONDERDAG:

Bus 1 en 2 vertrek Woensdagaand om 22:00 (leerders meld om 21:30 aan) en Busse 3 tot 7 vertrek Donderdagoggend om 03:30 (leerders meld om 03:00 aan). Buslyste na Bloemfontein (Bloemhof >>> Oranje) kan hier afgelaai word.

SATERDAG:

Die busse vertrek vanjaar van ORANJE SE HOOFHEK na Stellenbosch, en nie meer van Grey af nie.  Meld asb. Saterdag om 13:00 by Oranje se hoofhek aan.  Buslyste terug (Oranje >>> Bloemhof) kan hier afgelaai word.  


Leerders wat tuis bly

Leerders wat nie na Oranje reis nie, het geleentheid gehad om met die onderwysers afsprake in hul klastyd te maak vir ekstra hulp in die vakke waar hul dit benodig. Die skoolure is van 08:40 – 13:10. Indien daar nog leerders is wat ekstra hulp benodig, moet hul dit asb direk met die onderwyser reël.