‘n Selfoontoepassing (“app”) vir die jaarlikse All Girls’ Festival kan nou afgelaai en gebruik word om op hoogte van ons netbal-, hokkie- en tennisspan in Oos-Londen te bly.

Volg hierdie stappe om dit af te laai:

  1. Gaan na die Apple App Store / Google Play Store
  2. Soek vir “All Girls Festival”
  3. Installeer die toepassing
  4. Maak die toepassing oop en registreer
  5. Gebruik die gekose gebruikersnaam en wagwoord om aan te teken
  6. Onthou om vir Hoër Meisieskool Bloemhof te stem by die “Surveys”-blad, dis die skermpie heel links!