Die program vir die Brackenfell-netbaltoernooi kan nou hier gevind word.  Let asb. op die volgende:

  • Slegs die A-spanne neem aan hierdie toenooi deel
  • Die o.14A’s speel op Vrydag, 23 Maart 2018, die res van die spanne speel op Saterdag, 24 Maart 2018
  • Die o.15A’s speel by Laerskool Brackenfell, die ander spanne se wedstryde vind by Hoërskool Brackenfell plaas

Vir enige navrae, kontak me. Almaré van der Vyver by netbal@bloemhofschool.co.za.