Chris Marnewick, die skrywer van boeke soos Shepherds & Butchers en The Soldier Who Said No, besoek op Dinsdag, 27 Maart ons skool vir die bekendstelling van sy nuwe roman “Redelike twyfel”.

Al woon hy deesdae in Nieu-Seeland waar hy voltyds skryf, was hy vir meer as 40 jaar as advokaat in Suid-Afrika werksaam.  Kom luister gerus hoe sy lewe in die Suid-Afrikaanse regswêreld sy skryfwerk beïnvloed en geniet heerlike verversings na die tyd.

Kaartjies is teen R60 per persoon by die betaalkantoor beskikbaar, maar kan ook by me. Venessa de Beer (venessa@bloemhofschool.co.za) bespreek word.

Meer inligting oor Bloemhof se gewilde Boek- en koek-oggende, die skrywer en sy boeke kan hier gevind word.