Die beste skole-dogterspan in die land! Hierdie eer het ons al ‘n paar jaar te beurt geval – in 2018 wéér toe ons spanne die Gerrie Berner-tennistoernooi gewen het en by die Interskole vir Oranje geklop het.

Bloemhof het junior- en seniorspanne wat in die Sentraal-Boland skoleliga kompeteer en verskeie van hierdie spanne word gereeld as ligawenners aangewys. Van ons spelers beklee top-posisies op die SA-ranglys in hul onderskeie ouderdomsgroepe. Hierdie spelers word ook toegelaat om aan ITF en ander groot toernooie in skooltyd deel te neem.

Bloemhof het ‘n voltydse professionele tennisafrigter wat alle tennis-spanne tydens die tennisseisoen afrig en spanne na nasionale toernooie vergesel.  Vir meer inligting hieroor, besoek Edge Tennis Acadamy se webblad.  

Kom speel vir Bloemhof in 2018/19 tennis!

Bloemhof se interne-tennistoernooi vind in September plaas.  Skryf voor of op 3 September hier in.  

Datums

7 & 8 September (o.15-toernooi)

14 & 15 September (o.19-toernooi)

Inligting

  1. Spelers moet voor of op 3 September aanlyn inskryf
  2. Spelers wat inskryf, moet bereid wees om in die skoleliga in kwartaal 4 (2018) en kwartaal 1 (2019) te speel.
  3. Spelers wat aan die toernooi deelneem, kan gekies word vir toernooie
  4. Spelers wat aan die toernooi deelneem, kan gevra word om vir die eerstespan uit te speel
  5. Die toernooi se formaat sal deur die aantal inskrywings bepaal word.
  6. Spelers moet op albei dae van die toernooi kan speel.
  7. Skryf asb. in vir die ouderdomsgroep waarin jy in 2019 sal speel.  Graad 9’s sal dus vir o.19 moet inskryf.

Navrae

Vir meer inligting, kontak vir mnr. Jonathan Edmunds by tennis@bloemhofschool.co.za