021 887 3044
admin@bloemhofschool.co.za

Orkeste

Bloemhof is bevoorreg om leerders in twee orkeste te hê: Bloemhof se Stringendo Strykensemble en Musica Perpetua, ‘n blaasorkes wat deur Paul Roos Gimnasium bestuur word. 

Die Stringendo Strykensemble, met me. Amoré Steyn as dirigent, bestaan uit 16 strykinstrumente en sluit leerders van ons broerskool in. Die orkes tree by al die groot skool-geleenthede op, verskaf begeleiding tydens Maandae se saalperiodes en neem jaarliks aan kunswedstryde deel. Stringendo is in 2017 aangewys as die Beste Gemengde Ensemble op die Paarl Vallei Eisteddfod. 

Musica Perpetua, met leerders van Bloemhof, Paul Roos en Rhenish Girls’ High, wen in 2017 die trofee vir beste Hoërskool Blaasorkes op die Stellenbosch Eisteddfod. Die orkes bestaan tans uit 35 lede en word deur mnr. Renaldo Wales gelei.