Netbal is een van Bloemhof se grootste sportsoorte en ‘n heerlike manier om in die winter aktief te bly. 

Ons het in 2017 28 spanne gehad wat in alle ouderdomsgroepe kompeteer. Daar word jaarliks met baie bekwame afrigters kontrakte gesluit om te verseker dat ons spelers die beste afrigting sal kry – Rése Hugo, ‘n voormalige Springboknetbalspeler, rig vanaf 2018 ons o.18A-span af. 

Bloemhof ding mee in die Boland-area en het ook jaarliks ‘n goeie kwota provinsiale spelers wat aan die SA-kampioenskappe deelneem. 

Die hoogtepunt op die netbalkalender is ons jaarlikse uitruil met Oranje Meisieskool van Bloemfontein. Ons kele is gewoonlik hees geskree na ‘n naweek van waardige kompetisie, al kan die skaal na enige kant toe swaai! 

In 2017 was Bloemhof se o.16A-span 2de en ons o.18A-span 4de in Suid-Afrika by die Nasionale Topskole Netbal-kampioenskappe in Boksburg.

NETBALNUUS

 

NETBALKENNISGEWINGS