KLEREBANK

Die Bloemhof Klerebank, ons eie klerewinkel, is in die skoolgebou geleë en rus die Bloemhoffers toe met skoolklere en -tasse.  Dit word bedryf deur me. Erika Mitchell en me. Julie Bone.

AFSPRAKE IS NOODSAAKLIK

Die Klerebank is tydens pouses en ná skool vir leerders oop, maar ouers wat die winkel wil besoek, moet asb. vroegtydig 'n afspraak via die onderstaande skakel maak. Afsprake word slegs per e-pos gemaak. Let asb. daarop dat ouers wat skoolklere vir nuwe leerders aankoop, ten minste 60 minute nodig het. Verder word gevra dat afsprake streng nagekom moet word.

*Leerders wat in 2024 by HMS Bloemhof aansluit kan vanaf 10 Oktober 2023 afsprake by die Klerebank maak.

URE

Dinsdae & Donderdae 10:00 – 15:00 en Vrydae 10:00 – 13:00

PRYSLYS

Laai die nuutste pryslys (Aug 2022) hier onder af.

KONTAK

021 887 3044
klerebank@bloemhofschool.co.za

REËLINGS RONDOM BETALINGS

Slegs kontant of kaart betalings word by die Klerebank aanvaar. Dankie vir u samewerking in hierdie verband.

Klerebank-kennisgewings