021 887 3044
admin@bloemhofschool.co.za

Interskole teen Oranje

Die jaarlikse interskole teen die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein is naas die 4M sekerlik die grootste sportgebeurtenis op die Bloemhofkalender en ‘n hoogtepunt vir elke leerder.

Dit word om die beurt deur die twee skole aangebied en in 2018 sal die Bloemhoffers weer die lang pad Bloemfonteint toe per bus aanpak. Dis die 22ste kragmeting tussen die twee skole en vind van 16 tot 18 Augustus by Oranje plaas.  Laai die program hier af.    

Laai die volledige program hier as PDF af.  


Ondersteunersbus na Bloemfontein

Geplaas op08 Aug 2018
Kommentare0

Weens ‘n gebrek aan belangstelling moes die trein na Bloemfontein gekanselleer word, maar Bloemhof-ouers is steeds welkom om van die ondersteunersbus gebruik te maak.  Dit word privaat deur mnr. Os Hamman gereël.  Inligting soos aan ons deurgegee verskyn hier onder.


VERVOERKOSTES:

Vervoer R1 200.00 per persoon (retoer)

PROGRAM:

Donderdag 16 Augustus 2018
• Vertrek 20:00 vanaf Paul Roos Gimnasium
Vrydag 17 Augustus 2018
• 07:00 ontbyt te Colesberg Wimpy (eie rekening)
• Arriveer ongeveer 10:00 in Bloemfontein en gaan direk na Oranje of Grey om sport te ondersteun. Spanne/Sportsoorte wat tans die Vrydag meeding is die volgende: Gholf, tennis, tafeltennis, skaak, debat, debating, bergfietsry, waterpolo, sokker, swem, muurbal, landloop, 14A-hokkie, 16A-hokkie, 16F-hokkie, 19B-hokkie en 19A-hokkie.
• Bagasie word (op eie risiko) in busse gelaai – alle redelike stappe word gedoen vir veilige bewaring
Saterdag 18 Augustus 2018
• Vertrek stiptelik 19:00 vanaf City Lodge Hotel
Sondag 19 Augustus 2018
• Arriveer teen ongeveer 08:30 terug by Paul Roos Gimnasium.

BUSBESREKINGS EN NAVRAE KONTAK:
Os Hamman
072 4194337

Deidry Klatie
Telefoon. 021 981 0654
E-pos. ondersteunersbus@gmail.com

BANKBESONDERHEDE:

REKENINGNAAM: Supporters Bus
BANK: ABSA
TAKKODE : 632005
REKENINGNOMMER: 921 3082 260
VERWYSING:  U voorletters en van

Parkering is by Paul Roos beskikbaar slegs by die parkeerarea tussen Nova en die Johann Ferreira Gimnasium. Skool het sekuriteit wat patrolleer. Parkering is op eie risiko.

Oranje 2018: Betalings

Geplaas op25 Jul 2018
Kommentare0

Die finale koste vir vanjaar se toer na Bloemfontein sal teen Vrydag bekendgemaak word sodra die finale getalle bevestig en busse gereël is. Die beraamde koste is egter R1 225.00 en ouers wat reeds ‘n betalings wil maak, kan dit in die skool se skoolfondsrekening deponeer.

Gebruik asb. u dogter se kode + Oranje (bv. MEY002 Oranje).

Ondersteunerstrein na Bloemfontein

Geplaas op20 Jul 2018
Kommentare0

Neem die trein Oranje toe en kom ondersteun die Bloemhoffers!

Ouers wat graag die interskole teen Oranje wil bywoon, kan van die ondersteunerstrein na Bloemfontein gebruik maak.  Die trein dien as vervoer na en verblyf in Bloemfontein terwyl dit aan ondersteuners die vryheid gee om hul eie program by die kragmetings tussen Bloemhof en Oranje (en PRG en Grey) te volg.

Meer inligting is hier beskikbaar terwyl navrae aan Lucia Giesler by luciagiesler@gmail.com gerig kan word.

Oranje 2018: Voorlopige reëlings

Die HMS Bloemhof se kultuur- en sportspanne is deur die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje uitgenooi om vanaf 16 tot 18 Augustus 2018 aan die jaarlikse Bloemhof/Oranje-interskole deel te neem.

’n Voorlopige program asook die nodige reis- en verblyfinligting verskyn hier onder, maar is ook in hierdie brief via die d6-kommunikeerder deurgegee.

Vanjaar sal bus- en verblyfbesprekings aanlyn geskied:  Ons vra dat u die aanlynvorm aangaande vervoer- en verblyfreëlings sal voltooi deur na bit.ly/oranje2018 in u webblaaier te gaan.  Let asb. daarop dat álle leerders deur Oranje-leerders gehuisves sal word – meer inligting oor hierdie besluit kan hier gevind word.

Die beraamde koste is R1 225.00 per persoon.  Reëlings aangaande betalings sal volgende kwartaal aan ouers kommunikeer word.

Enige navrae kan aan me. Jenny King by jenny@bloemhofschool.co.za gerig word.


Voorlopige Program

WOENSDAG, 15 AUGUSTUS 2018

  • 21:30 | Koor-, tennis- en landloopleerders meld by busse aan | HMS Bloemhof (Kochstraat)
  • 22:00 | Koor-, tennis- en landloopbusse vertrek | HMS Bloemhof (Kochstraat)

DONDERDAG, 16 AUGUSTUS 2018

  • 03:00 | Leerders meld by busse aan | HMS Bloemhof (Kochstraat)
  • 03:30 | Sportbusse vertrek | HMS Bloemhof (Kochstraat)
  • 12:00 | Koor-, tennis- en landloopleerders word in Bloemfontein ontvang, uitplasing vind plaas | ML Spiessaal
  • 17:00 | Sportbusse arriveer in Bloemfontein en uitplasing vind plaas | ML Spiessaal
  • 19:30 | Kore se optredes begin | Odeion (UVS)

 VRYDAG, 17 AUGUSTUS 2018

  • 08:00 | Landloop | Juf. Abie Astro
  • 08:00 | Debat – voorbereiding vir junior- en seniorspanne | Rekenaarlokaal
  • 09:00 | Juniordebat | ML Spiessaal
  • 09:45 | Seniordebat | ML Spiessaal
  • 10:30 | Pouse
  • 11:00 | Kultuuroggend-optredes deur OMS en Bloemhof | ML Spiessaal
  • 11:00 | Tennis | OMS Tennisbane
  • 14:00 | Tafeltennis | Gimsaal
  • 14:00 | Hokkiewedstryde begin | Juf. Abie Astro
  • 17:00 | Hokkie o.19A | Juf. Abie Astro

SATERDAG, 17 AUGUSTUS 2018

  • 08:00 | Hokkie- en netbalwedstryde | Astro en netbalbane
  • 13:30 | Busse vertrek na Stellenbosch | Oranje Hoofhek
  • 03:00 | Busse arriveer in Stellenbosch | HMS Bloemhof (Kochstraat)

Vervoer

Intercity sal die busse verskaf en leerders moet reeds 30 minute voor die vertrektyd aanmeld.  Let op die volgende vertrektye:

  • Woensdag, 15 Augustus 2018 | Koor-, tennis- en landloopbusse vertrek om 22:00 vanuit Kochstraat.
  • Donderdag, 16 Augustus 2018 | Sportbusse vertrek om 03:30 vanuit Kochstraat.
  • Saterdag, 18 Augustus 2018 | Busse vertrek om 13:30 vanaf OMS se hoofhek na Stellenbosch.

Verwagte aankomstyd in Stellenbosch is om 03:00 op Sondag, 19 Augustus 2018.


Verblyf

Alle Bloemhof-leerders word deur Oranje-leerders en hul ouers gehuisves. GEEN privaatverblyf in gastehuise, hotelle, AirBNB’s ens. word toegelaat nie.

Hierdie besluit is na deeglike besinning ná die interskole in 2016 geneem om die uitruil se effektiwiteit te bevorder en ons leerders se veiligheid te verseker.  Vir meer inligting hieroor, sien gerus hierdie skrywe deur die skoolhoof.


Deelnemende spanne

LANDLOOP

Span van 10 atlete

TENNIS

o.19A, o.19B, o.15A

DEBAT

Drie juniors en drie seniors

KOOR

Alle lede van Accelerando

NETBAL

o.14A–D, o.15A–D, o.16A–D, o.17A–B, o.18A–C

HOKKIE

o.14A–B, o.16A–D, o.19A–C


Kleredrag

Woensdag / Donderdag op die bus
Sweetpak en reënbaadjie

Vrydag
Oggend: Uitstapdrag, Middag: Uitstapdrag of sweetpak

Saterdag
Oggend: Uitstapdrag of sweetpak

Saterdag op die bus
Sweetpak en reënbaadjie