Teken Gasteboek
Annelie Koen
Woensdag, 08 Mei 2013 10:42
Bieber Fever
Ai, hoe “cool” is Bloemhof nie!!!
Kry nou die vreeslike dringende boodskap van mamma wat die skool moet laat weet van Justin Bieber, en wil net dankie sê dat julle begrip toon vir hulle kindwees ook!
Gisteroggend op KFM sê die omroeper nogal dat die opvoeders asb. moet probeer onthou van Queen en Cliff Richard en hoe dit gevoel het. Ek onthou, maar die verskil lê in dat ons mense kon sing maar hierdie mannetjie – ek weet sowaar nie!
Maar nogtans baie dankie vir die 13h00 vergunning – dit doen ‘n ouerhart goed om weereens te beleef dat julle vir die hele menswees ruimte laat.
Annelie
Louise Bruwer
Woensdag, 08 Mei 2013 07:59
Baie dankie!
Ek voel baie bevoorreg en trots om ‘n leerder van Hoër Meisieskool Bloemhof te wees! Hoofsaaklik vir die rede dat Bloemhof moeite doen om al die leerders in die skool se p***es en talente te ondersteun.
Om die geleentheid gegun te word om blootgestel te word aan internasionele kunstenaars soos die Nordic Voices, het my horisonne verbreed, my doelwitte uitgedaag en my talente gestimuleer.
Ek het ongelooflik baie geleer oor musiek, myself en my mede-leerders. Ek het goed ervaar wat ek nie gedink moontlik was nie, maar die Nordic Voices het my elke keer net meer verstom.
Ek is ongelooflik dankbaar vir Juffrou Roos wat opgetree het as ‘n moederlike figuur tydens die toer. Sy het in elkeen van ons geglo en ons gemotiveer. Sonder haar sou niks moontlik gewees het nie!
‘n Finale dankie aan Bloemhof vir die kosbare geleentheid om te groei in my p***e, musiek.
Baie groete,
Louise Bruwer (Gr.10)
Awie en Sunette
Vrydag, 07 Desember 2012 07:08
Beste Wilna
Baie dankie vir ‘n wonderlike jaar wat verby is! Baie dankie vir almal se baie insette, harde werk, ‘n oor om te luister en sommer net almal se omgee – ons waardeer regtig baie wat jul vir ons kinders doen!
Jul verdien almal die rus – geniet die tyd saam met julle families!
Groete
Awie en Sunette x
Ilse Krige
Donderdag, 18 Oktober 2012 08:22
Prysuitdeling 2012
Liewe Wilna
Sjoe,na die wonderlike prysuitdeling gisteraand is ons nou "amptelik" op 'n einde met Bloemhof, maar beslis nie vir altyd nie. Ek het skielik besef dat ons nog wil vasklou aan hierdie uitsonderlike skool wat ons so ingesluk het en atyd deel sal bly. Ons heg dus ekstra waarde aan Suzaan se besonderse toekenning,want nou is daar 'n goeie rede om ALTYD betrokke te bly.
Baie geluk met 'n PRAGTIGE aand en alles daarmee gepaard - Nadia se toespraak, die humor met die "kleintjies" , jou algehele optrede as hoof, Georgina se altyd-raakvat-sonder-krisis, jou pragtige personeel asook uitstekende keuse van Hanli Rupert-Koegelenberg vir wie ek en Paul oor baie jare so lief is.
Ons verbasing was werklik groot met Suzaan se baie spesiale prys en ons besef maar alte goed dat sy een van vele was wat dit kon ontvang. Ons is eerstens besonder dankbaar en bevoorreg en tweedens ook besonder trots. Bloemhof het my dogter laat blom en ek kan aan geen leed dink nie, want daar was soveel lief....
Ek en Paul vertrou dat sy die baie besonderse Bloemhofbondprys sal waardig wees en voluit haar kant sal bring , die passie is daar, vir die nodige ondersteuning sal ons ook daar wees, altyd....
Ilse Krige
Wessel en Susan de Wet
Donderdag, 18 Oktober 2012 08:13
Beste Juf Wilna
Ons wil graag net vir u en al die opvoeders geluk wens met ‘n pragtige aand: die seremonie was so professioneel , afgerond en stylvol! (selfs die “kleintjies” was oulik!)
Ons is regtig so opgewonde en dankbaar dat Greta deel kon wees van so ‘n spoggeleentheid en is sulke trotse Bloemhof ouers!! Voorwaar
‘n voorreg om in hierdie skool te kan wees en te kan deel in sulke uitmuntenheid!
Sterkte vir die laaste (besige!) deel van hierdie jaar.
Vriendelike groete
Wessel en Susan de Wet
Gerda Joubert
Donderdag, 18 Oktober 2012 08:12
Beste Wilna
Ek wil baie graag vir jou en jou hele personeel gelukwens met 'n onvergeetlike aand.
Ek was ongelooflik trots op Bloemhof en het gewens dat elke mens in hierdie land hierdie
geleentheid kan beleef, want dit was 'n bewys van wat ons in hierdie land kan bereik met harde werk,
dissipline en samewerking.
Alles was vir my mooi, van die orkes se spel (ongelooflik vir so 'n klein skool), die onderwysers se
instap met hulle toga's, die toesprake, die koor en al die dogters wat so netjies gelyk het en met trots
oor daardie verhoog gestap het. Baie dankie dat julle ook erkenning gee aan elkeen se prestasie.
Weereens baie geluk en jy kan BAIE trots wees op jou personeel en leerders.
Groete
Gerda Joubert
Michele Boshoff
Maandag, 15 Oktober 2012 10:05
Beste Me Van Heerden
Hier’s ek weer voor jou deur!
BAIE DANKIE aan jou, en ook al die onderwysers en ouers betrokke, vir die besondere afskeidsgeleentheid Vrydag in die Sentrum!
Dit was een van daardie geleenthede wat myns insiens werklik ‘n blywende verskil gemaak het (verskoon die cliché) .
Daar was sekerlik niemand in daardie saal wat nie bewoë was nie – of jy nou ‘n kind in matriek gehad het al dan nie.
Dit moes ook vir die ander leerders (én ons ouers) ‘n wekroep gewees het om die lewe aan te gryp; herinneringe te maak; te leef in die oomblik!
Afgesien van Linda Moller se roerende toespraak, was jou afskeidsboodskap ook besonder spesiaal, élke woord daarvan. Dit was goed deurdink, oorspronklik en boonop uit die hart aangebied. Eenvoudig briljant.
Vriendelike groete,
Michele Boshoff
Wynand Cillié
Vrydag, 21 September 2012 10:05
Bloemhof se uitstekende Wiskunde
Baie geluk met Bloemhof se uitstekende Wiskunde uitbeelding in vandag se Die Burger.
De Hoop is trots om ‘n voederskool van so ‘n uitmuntende hoërskool te wees.
Dra ook ons gelukwensing aan die Wiskunde vakspan oor. Sulke uitslae kom net met harde werk.
Sterkte vir die res van die kwartaal en jaar.
Vriendelike groete
WYNAND CILLIÉ
SKOOLHOOF: LAERSKOOL DE HOOP
Bianca Joseph
Woensdag, 29 Augustus 2012 07:44
Dear Principal
I would like to hereby inform you that we had a very successful combine practise (Kayamandi, Bloemhof and Stellenzight).
The kids were well-behaved, we started on time and spontaneous interaction took place between the learners and teachers. Children model what they see.
I thus want to honour your music teacher for her skill and excellence in preparing the choir but mostly for modelling character and healthy social interaction to the learners. The future of South Africa looks bright not only because of the hope that we have in the next generation but also in seeing the current generation taking a lead.
We are looking forward to the event on Heritage Day 24 September 2012. This specific choir will have one more combine practise on the 11th of September 2011 at Bloemhof.
We really want to extend this sort of interaction to the parents. Tickets are R40 per adult and R20 for children u/12. We will appreciate it if you can assist us in motivating the parent to attend the event.
Thank you very much for your support and participation in helping us cultivate social cohesion and a Stellenbosch for all.
Bianca Joseph
Hester Smit
Woensdag, 29 Augustus 2012 07:43
Golden Key Toekenningsermonie
Ek was gisteraand sooooo trots op Bloemhof!! Dit was die Golden Key Toekenningsermonie by Universiteit Stellenbosch in die Endlersaal. Dit is erkenning vir die top 15% akademiese presteerders van die Universiteit. Frances het dit ook ontvang en sit toe die lys name en bestudeer. Daar was 15 Bloemhofmeisies wat die toekenning ontvang het! Sy sê hul was ook almal toppresteerders in 2010 – haar matriekjaar!
Wonderlike prestasie vir Bloemhof – julle het die fondasies en harde-werk-etiek vasgelê! Baie geluk en baie dankie!!