|
|
|
Mediasentrum
Karin Brynard besoek Bloemhof

Karin Brynard, bekroonde joernalis en skrywer van Plaasmoord en Onse Vaders, het tydens ‘n Boek en Koek-geleentheid by die Hoër Meisieskool Bloemhof opgetree. Tydens die praatjie het sy meer vertel oor haar dae as politieke en struggle-joernalis en het sy die gaste met verskeie staaltjies oor haar lewe as skrywer vermaak. Sy het ook haar nuutste boek aan die skool se biblioteek oorhandig.
Mediasentrum woeker
Die mediakomitee woeker met verskeie projekte. In die eerste kwartaal het Derick van der Walt, skrywer van boeke soos Lien se lankstaanskoene en Hoopvol, die skool kom besoek. Die mediasentrum het ook ‘n nuwe baadjie aangetrek - tydens paastyd het ‘n paar mediakomitee-lede nie nét 'n paaseierjag gehou nie, maar ook van die biblioteek se mure rooi geverf. Kom loer gerus hoe dit lyk! Op Vrydag 12 April het die mediakomitee ‘n uitreik na House of Grace, ‘n huis vir minderbevoorregte kinders gegaan en boeke gaan voorlees. Daar was ook poppekas vir hul gehou!

Hou die spasie dop vir wêreldboekedag!
Aanbevole boeke vir Graad 8 -12
- Zita / A Kulsen
- Jakkalsvoël / K Maree
- Breinbliksem / F Viljoen
- Die agterhuis / L Spies
- Onderwêreld / F Viljoen
- Lien se lankstaanskoene / D van der Walt
- Rooi luiperd / F Bloemhof
- Jagseisoen / F Bloemhof
- Vadertjie langbeen / J Webster
- By die Lêplek van die Leeus / L Prinsloo
- Hart van ink / C Funke
- Stories het vlerke / M van Heerden
- Na die land van melk en McDonalds / M van Aswegen
- Lammervanger / F van Rensburg
- Spoorloos / R Mouton
- Die Hemelklip / T Brink
Dienste wat beskikbaar is:
Hulp en bystand in soektogte na inligting en leesboeke. Bronne vir navorsing Fiksie-en vakboeke Fotostaatgeriewe Lamineer en bindfasiliteite Rekenaar en internettoegang
Â
Â
|
|
|
|
|