|
|
|
Nuus
SAGSA-kongres Dag 3
- Details
-
Geskep op Vrydag, 24 Mei 2013 05:49

Vandag is die laaste dag van die SAGSA-kongres en daar is weer 'n paar interessante sprekers op die spyskaart. Dr Jeanette de Klerk-Luttig; Bun Booyens en Hein Wagner is die gaste vir die oggend.
Op die foto bo kuier me Penny Vinjevold (tweede van regs) saam met me Wilna van Heerden en van die ander kongresgangers by Zorgvliet.
SAGSA-kongres Dag 2
- Details
-
Geskep op Donderdag, 23 Mei 2013 08:34

Dag 2 van SAGSA het op 'n hoë noot begin toe die Accelerando-koor die kongresgangers toegesing het. Hulle het egter ook 'n paar ander interessante sprekers wat hulle deur die loop van die dag gaan toespreek, onder ander dr Johan van Zyl, prof Eugene Cloete en dr Kosie de Villiers. Elna van der Merwe en Zorada Temmingh sorg vir vermaak en vanaand word die gaste bederf met 'n kuier by Zorgvliet.
Hier is Minister Donal Grant saam met me Anne-Marie Klink en me Wilna van Heerden.
SAGSA-kongres skop af
- Details
-
Geskep op Woensdag, 22 Mei 2013 07:53

Die jaarlikse SAGSA-kongres word hierdie jaar van 22 - 24 Mei by die Hoër Meisieskool Bloemhof aangebied. Nagenoeg 100 kongresgangers van oor die land word verwag en sprekers soos Bun Booyens, Hein Wagner en Donald Grant gaan tydens dié drie dae optree.
Baie welkom aan al die gaste!
Graad 8 Markdag
- Details
-
Geskep op Vrydag, 17 Mei 2013 09:42

Die graad 8's het op 17 Mei Markdag gehou en die hele skool het gesmul aan die verskeidenheid lekkernye! Gaan loer gerus hier vir nog foto's.
Doringrosie 2013
- Details
-
Geskep op Maandag, 13 Mei 2013 10:30

Op 9 Mei is die vierjaarlikse Doringrosie by die skool aangebied en hierdie jaar is Lisa-Jean Malan as die wenner aangewys!
Help Bloemhof wen!
- Details
-
Geskep op Maandag, 22 April 2013 06:11
Bloemhof staan die kans om R100 000 te wen, maar daarvoor het ons alle ouers se hulp nodig! Die MySchool-inisiatief het ‘n drievoudige kompetisie geloods waar verskeie pryse op die spel is. Die kompetisie is ook ‘n fondsinsamelingsprojek vir die bewaring van renosters, wildehonde en jagluiperds. Al wat u moet doen is om vir die volgende 6 weke u MySchool-kaart soveel as moontlik te gebruik en by soveel as moontlik verskillende Woolworths-takke. (Dit sluit die Engen-takke uit.)
Die eerste afdeling van die kompetisie is die Skole-kompetisie. Die groot prys is R100 000 vir die wenskool, maar daar is ook weeklikse pryse vir die top 3 skole wat die meeste kere hul kaarte gebruik. Elke slag as u die kaart gebruik word punte versamel. Indien u by verskille Woolworths-takke die kaart gebruik, vermenigvuldig die punte. Dit vermenigvuldig nog ‘n maal met die hoeveelheid produkte wat u aanskaf! Die skool met die meeste punte aan die einde van ses weke wen die groot prys.
Die tweede afdeling is die Leerder-kompetisie. Leerders kan bewaringsstories op hulle Facebook-bladsy gaan publiseer.
Die leerder wat wen ontvang ‘n R5000 Woolworths-geskenkbewys, R10 000 vir ‘n bewaringsprojek en ‘n motiveringspraatjie deur Braam Malherbe. As groenskool wil ons alle Bloemhoffers aanmoedig om deel te neem!
Die derde been van die kompetisie is uitsluitlik vir kaarthouers. Indien u reeds ‘n MySchool-kaart het, registreer u kaart deur “AFRICA” na 43139 te sms. U moet dan u kaart ten minste vyf keer binne die volgende ses weke gebruik om in aanmerking te kom vir die gelukkige trekking. Hier staan die wenner ‘n kans om ‘n luukse safari vir vier mense ter waarde van wen. Indien u nog nie ‘n MySchool-kaart het nie, besoek u naaste Woolworths-tak om ‘n kaart te bekom. Onthou om te registreer!
Indien u enige verdere navrae het, besoek gerus hulle webwerf vir meer omvattende detail oor die projek.
Skoolkwartale vir 2013
- Details
-
Geskep op Woensdag, 09 Mei 2012 07:59
SKOOLKWARTALE EN OPENBARE VAKANSIEDAE VIR 2013
Die goedgekeurde skoolkalender vir 2013 is soos volg:
|
KWARTAAL
|
OPEN
|
SLUIT
|
|
EERSTE
|
14 JANUARIE (opvoeders)
16 JANUARIE (leerders)
|
28 MAART
|
|
TWEEDE
|
08 APRIL
|
21 JUNIE
|
|
DERDE
|
15 JULIE
|
20 SEPTEMBER
|
|
VIERDE
|
01 OKTOBER
|
04 DESEMBER (leerders)
06 DESEMBER (opvoeders)
|
Let wel: Datums en dae in hakies is vir opvoeders.
|
KWARTAAL
|
GETAL WEKE
|
GETAL DAE
|
GETAL PUBLIEKE VAKANSIEDAE
|
WERKLIKE GETAL SKOOLDAE
|
|
EERSTE
|
11
|
(54) 52
|
1+1
|
(52) 50
|
|
TWEEDE
|
11
|
55
|
2
|
53
|
|
DERDE
|
10
|
50
|
1
|
49
|
|
VIERDE
|
10
|
(49) 47
|
0
|
(49) 47
|
|
TOTAAL
|
42
|
(208) 204
|
5 (4 + 1)
|
(203) 199
|
Openbare en Skoolvakansiedae in 2013:
01 Januarie 2013 - Nuwejaarsdag
21 Maart 2013 - Menseregtedag
22 Maart 2013 - Skoolvakansiedag
29 Maartl 2013 - Goeievrydag
01 April 2013 - Gesinsdag
27 April 2013 - Vryheidsdag
01 Mei 2013 - Werkersdag
16 Junie 2013 - Jeugdag
17 Junie 2013 - Publieke Vakansiedag
09 Augustus 2013 - Nasionale Vrouedag
10 August 2013 - Skoolvakansiedag
|
|
|
Maandag 20 Mei
14:00 Wêreldkennis-olimpiade
19:00 Graad 12 Drama-eksamen
|
Dinsdag 21 Mei
Afrikaans: Senior Olimpiade
Matrieks laaste dag
|
Woensdag 22 Mei
SAGSA-konferensie (sentrum)
Graad 12-blokdag
|
Donderdag 23 Mei
SAGSA-konferensie (sentrum)
Graad 12-eksamen
Verkiesing van klaskapteine
|
Vrydag 24 Mei
SAGSA-konferensie (sentrum)
Gr.8-12 Kunseksamen
Tuisnaweek (skool verdaag 12:00)
Netbal: Wes-Kaapproewe
|
Saterdag 25 Mei
Netbal: Wes-Kaapproewe
ATKV-redenaars: Semi-finaal
|
|
|
|