Hor Meisieskool Bloemhof
2.jpg

Nuus

Ouer Funksie: Oranje Interskole

Daar word op 16 Augustus 'n hoenderspit vir die ouers by Die Stal by Coetzenburg aangebied. Hierdie geleentheid val saam met Oranje Interskole.
Eetgerei, wyn, glase en ys sal verskaf word, maar daar is geen ander kroeg beskikbaar nie. Bring gerus eie drinkgoed saam.
Kaartjies kos R120 per persoon en is by die Betaalkantoor beskikbaar.

Geen kinders nie, asseblief!

Graad 9 Braai

Juf Lizna Kriel het op 23 Mei al die graad 9's bederf met 'n gesellige "spanbou" by die klubhuis! Daar is gebraai en koek versier en sommer net lekker gekuier.

Eksamentyd

Baie sterkte aan al die leerders met die Junie-eksamen! Puntekontrole vind plaas op Dinsdag 18 Junie en die skool sluit op Vrydag 21 Junie.

SAGSA-kongres Dag 3

Vandag is die laaste dag van die SAGSA-kongres en daar is weer 'n paar interessante sprekers op die spyskaart. Dr Jeanette de Klerk-Luttig; Bun Booyens en Hein Wagner is die gaste vir die oggend.

Op die foto bo kuier me Penny Vinjevold (tweede van regs) saam met me Wilna van Heerden en van die ander kongresgangers by Zorgvliet.

SAGSA-kongres Dag 2

Dag 2 van SAGSA het op 'n hoë noot begin toe die Accelerando-koor die kongresgangers toegesing het. Hulle het egter ook 'n paar ander interessante sprekers wat hulle deur die loop van die dag gaan toespreek, onder ander dr Johan van Zyl, prof Eugene Cloete en dr Kosie de Villiers. Elna van der Merwe en Zorada Temmingh sorg vir vermaak en vanaand word die gaste bederf met 'n kuier by Zorgvliet.

Hier is Minister Donal Grant saam met me Anne-Marie Klink en me Wilna van Heerden.

SAGSA-kongres skop af

Die jaarlikse SAGSA-kongres word hierdie jaar van 22 - 24 Mei by die Hoër Meisieskool Bloemhof aangebied. Nagenoeg 100 kongresgangers van oor die land word verwag en sprekers soos Bun Booyens, Hein Wagner en Donald Grant gaan tydens dié drie dae optree.

Baie welkom aan al die gaste!

Graad 8 Markdag

Die graad 8's het op 17 Mei Markdag gehou en die hele skool het gesmul aan die verskeidenheid lekkernye! Gaan loer gerus hier vir nog foto's.

Doringrosie 2013

Op 9 Mei is die vierjaarlikse Doringrosie by die skool aangebied en hierdie jaar is Lisa-Jean Malan as die wenner aangewys!

Rhodes-beurse

Bloemhof-leerders is nou saam met Paul Roosers in die bevoorregte posisie om vir die gesogte Rhodes-beurs aansoek te kan doen. Gaan kyk gerus hier vir die nodige dokumentasie oor die beurs.

Help Bloemhof wen!

Bloemhof staan die kans om R100 000 te wen, maar daarvoor het ons alle ouers se hulp nodig! Die MySchool-inisiatief het ‘n drievoudige kompetisie geloods waar verskeie pryse op die spel is. Die kompetisie is ook ‘n fondsinsamelingsprojek vir die bewaring  van renosters, wildehonde en jagluiperds. Al wat u moet doen is om vir die volgende 6 weke u MySchool-kaart soveel as moontlik te gebruik en by soveel as moontlik verskillende Woolworths-takke. (Dit sluit die Engen-takke uit.)

Die eerste afdeling van die kompetisie is die Skole-kompetisie. Die groot prys is R100 000 vir die wenskool, maar daar is ook weeklikse pryse vir die top 3 skole wat die meeste kere hul kaarte gebruik. Elke slag as u die kaart gebruik word punte versamel. Indien u by verskille Woolworths-takke die kaart gebruik, vermenigvuldig die punte.  Dit vermenigvuldig nog ‘n maal met die hoeveelheid produkte wat u aanskaf! Die skool met die meeste punte aan die einde van ses weke wen die groot prys.

Die tweede afdeling is die Leerder-kompetisie. Leerders kan bewaringsstories op hulle Facebook-bladsy gaan publiseer.

Die leerder wat wen ontvang ‘n R5000 Woolworths-geskenkbewys, R10 000 vir ‘n bewaringsprojek en ‘n motiveringspraatjie deur Braam Malherbe. As groenskool wil ons alle Bloemhoffers aanmoedig om deel te neem!

Die derde been van die kompetisie is uitsluitlik vir kaarthouers. Indien u reeds ‘n MySchool-kaart het, registreer u kaart deur “AFRICA” na 43139 te sms. U moet dan u kaart ten minste vyf  keer binne die volgende ses weke gebruik om in aanmerking te kom vir die gelukkige trekking. Hier staan die wenner ‘n kans om ‘n luukse safari vir vier mense ter waarde van wen. Indien u nog nie ‘n MySchool-kaart het nie, besoek u naaste Woolworths-tak om ‘n kaart te bekom. Onthou om te registreer!

Indien u enige verdere navrae het, besoek gerus hulle webwerf vir meer omvattende detail oor die projek.

Mediasentrum woeker

Die mediakomitee woeker met verskeie projekte. In die eerste kwartaal het Derick van der Walt, skrywer van boeke soos Lien se lankstaanskoene en Hoopvol, die skool kom besoek. Die mediasentrum het ook ‘n nuwe baadjie aangetrek - tydens paastyd het ‘n paar mediakomitee-lede nie nét 'n paaseierjag gehou nie, maar ook van die biblioteek se mure rooi geverf. Kom loer gerus hoe dit lyk!  Op Vrydag 12 April het die mediakomitee ‘n uitreik na House of Grace, ‘n huis vir minderbevoorregte kinders gegaan en boeke gaan voorlees. Daar was ook poppekas vir hul gehou!



Hou die spasie dop vir wêreldboekedag!

Aanbevole boeke vir Graad 8 -12

  • Zita / A Kulsen
  • Jakkalsvoël / K Maree
  • Breinbliksem / F Viljoen
  • Die agterhuis / L Spies
  • Onderwêreld / F Viljoen
  • Lien se lankstaanskoene / D van der Walt
  • Rooi luiperd / F Bloemhof
  • Jagseisoen / F Bloemhof
  • Vadertjie langbeen / J Webster
  • By die Lêplek van die Leeus / L Prinsloo
  • Hart van ink / C Funke
  • Stories het vlerke / M van Heerden
  • Na die land van melk en McDonalds / M van Aswegen
  • Lammervanger / F van Rensburg
  • Spoorloos / R Mouton
  • Die Hemelklip / T Brink

Dienste wat beskikbaar is:

Hulp en bystand in soektogte na inligting en leesboeke. 
Bronne vir navorsing
Fiksie-en vakboeke
Fotostaatgeriewe
Lamineer en bindfasiliteite
Rekenaar en internettoegang

 

 

Stigtersdag 2013

Bloemhof is 138 jaar oud en op 8 Maart het die skool behoorlik fees gevier tydens die jaarlikse Stigtersdagverrigtinge wat in die Sentrum gehou is. Benewens die leerders, personeel en spesiale gaste was daar ook drie reüniegroepe wat die vieringe bygewoon het. Me Erna Meaker, ook 'n oud-Bloemhoffer, was die gasspreker vir die oggend en het 'n insiggewende, dog vermaaklike toespraak, gelewer.

Afgevaardigdes van Paul Roos en Rhenish het ook spesiaal hulle wense aan die skool kom oordra en selfs dié leerders het trots geluister na hulle susterskool se prestasies van die afgelope 138 jaar.

Baie geluk, Bloemhof, mag daar nog baie verjaarsdae wees!

 

2013 Gholfdag

Die 2013 Bloemhof Gholfdag was weereens 'n reuse-sukses en al die gaste en deelnemers was dit eens dat dié dag die beste tot op hede was. Baie dankie aan die borge, deelnemers en  komitee wat saamgewerk het om Bloemhof se grootste fondsinsamelingsgeleentheid van die jaar 'n puik dag te maak.

Die pryswenners tydens die geleentheid is as volg:

Prystrekking van boekies:

1e Prys: iPad 2 (WiFi en PVR) geskenk deur ENS gewen deur Kevin Wilson Vredenburg
2e Prys: 2HD PVR gewen deur Maryke Marais
3e Prys: 1x Skaap gewen deur Angelique v Wyk Somerset Wes

Vierbal-wenners:

1e Prys:  Nespresso U koffiemasjiene (geborg deur mnr Stehan Grobler) 1.5 l Hartenberg wyne gewen deur Basie van Dyk
2e Prys:  Ambassador Hotel verblyf (geborg deur mnr Mark Barnascone) + Bowman Gilfillan geskenkpakkette (met Hartenberg Merlot en gholf-items) gewen deur LAREZ
3e Prys:  Patio heaters (geborg deur Busmark 2000) + Sjokolade en wynproe by Durbanville Hills gewen deur Hugo van der Ahee

Spesiale pryse:

Mans – Langste dryf op 7de put    Sanlam Private Beleggings – R 1000 Pierre Boshoff
Mans – Langste dryf op 15de put  5 l Middelvlei Cabernet 2012 (Howic Oosthuizen)
Vrouens – Langste dryf op 7de put  (Willis Coetsee)
Skincare voucher +  Zorgvliet Wines lodge  1 nag verblyf + ontbyt vir 4 persone + wynproe vir 2 persone (Linda van Niekerk)
Vrouens – Langste dryf op 15de put Mai Day Spa voucher + koffietafelboek  (Modern Wineries of South Africa) + Bon Courage Blush sjampanje (Leonie Malherbe)
Naaste aan die pen 3de putjie 3 l John X Merriman Magnum Rustenberg Wines (Clive Heward)
Naaste aan die pen 12de putjie  3 l Beyerskloof Pinotage  2007 (Theuns Botha)
Kortste dryf 1ste putjie 2 nagte vir 2 persone by Protea Hotel (Barry Brink)
Meeste Gholf (posisie 44) aartappels + groente +  1 rondte gratis gholf  by De Zalze (Piet Coetsee)

Boule-wenners:

  1. 3 x Simonsig – 3l Kaapse vonkelwyne (Boulle-baisse)
  2. 3 x Simonsig MCC Geskenkpakke (1 x Kaapse vonkel Brut 2011, 1 x Kaapse vonkel Rose 2011, 1 x Cuvee Royale 2007)  (Boullestic)
  3. 3 x Simonsig 1.5 l Kaapse Vonkelwyne    (ENS)
  4. 3 x Skin Renewal spa vouchers + Bon Courage Blush sjampanjes (Fa-Bu-lous)

Beste geklee: Le Creuset panne  (geborg deur Christelle van Zyl) (Unbeatables)
Beste gees: Mai Dai Spa vouchers + “Kamers vol Geskenke” pakette  (Bella-Boules)
Sweepers: (Red Boules)

Lootjie-wenners:

  1. 2 nagte / 4 persone by Buchukloof Cottages - Leonie Malherbe
  2. 1  Nag by Harbour Hotel plus ontbyt - Willis Coetsee
  3. 1  Nag by Bay Hotel plus ontbyt- Hennie Volschenk
  4. 1 Nag by Farmhouse Hotel plus ontbyt - Martin Schmulian
  5. Builders Express – high pressure washer - Karin van Lill
  6. Remax hamper - Madeleine Pieterse
  7. Luukse hamper - Philip Saunders
  8. Luukse hamper - Carol van Niekerk
  9. Blush en Linda van Niekerk voucher - Roelof Troskie
  10. Madeleen Health and Beauty Studio Laserbehandeling + Nachtmuzik likeur - Pikkie Swart



31 Januarie 2013

Laai die Brokkies af

16 Januarie 2013

Laai die Brokkies af

Amptelike sportbeleid

Daar is verskeie navrae oor die amptelike sportbeleid van Bloemhof. Kliek assblief hier om die beleid in PDF-formaat af te laai.

Skoolkwartale vir 2013

SKOOLKWARTALE EN OPENBARE VAKANSIEDAE VIR 2013

Die goedgekeurde skoolkalender vir 2013 is soos volg:

KWARTAAL

OPEN

SLUIT

EERSTE

14 JANUARIE (opvoeders)

16 JANUARIE (leerders)

28 MAART

TWEEDE

08 APRIL

21 JUNIE

DERDE

15 JULIE

20 SEPTEMBER

VIERDE

01 OKTOBER

04 DESEMBER (leerders)

06 DESEMBER (opvoeders)

Let wel: Datums en dae in hakies is vir opvoeders.

KWARTAAL

GETAL WEKE

GETAL DAE

GETAL PUBLIEKE VAKANSIEDAE

WERKLIKE GETAL SKOOLDAE

EERSTE

11

(54) 52

1+1

(52) 50

TWEEDE

11

55

2

53

DERDE

10

50

1

49

VIERDE

10

(49) 47

0

(49) 47

TOTAAL

42

(208) 204

5 (4 + 1)

(203) 199

Openbare en Skoolvakansiedae in 2013:

 

01 Januarie 2013 - Nuwejaarsdag

21 Maart 2013 - Menseregtedag

22 Maart 2013 - Skoolvakansiedag

29 Maartl 2013 - Goeievrydag

01 April 2013 - Gesinsdag

27 April 2013 - Vryheidsdag

01 Mei 2013 - Werkersdag

16 Junie 2013 - Jeugdag

17 Junie 2013 - Publieke Vakansiedag

09 Augustus 2013 - Nasionale Vrouedag

10 August 2013 - Skoolvakansiedag

Maandag 17 Junie

Vakansiedag

 

Dinsdag 18 Junie

Puntekontrole

10:00 Boek en Koek

 

Woensdag 19 Junie

 

 

Donderdag 20 Junie





 

Vrydag 21 Junie

Uitdeel van rapporte

Skool sluit

Netbal: Interstreekstoernooi

 

 

 

 

Saterdag 22 Junie

Netbal: Interstreekstoernooi