Hor Meisieskool Bloemhof
12.jpg

Orkes

Orkeste

STRINGENDO STRYKORKES

Die Stringendo Strykorkes het in Februarie 2009 onder leiding van Madelein van Rooyen tot stand gekom en reeds in 2011 ‘n uitnodiging van die Slowaakse regering aanvaar en ‘n toer deur Oos-Europa onderneem, waar hulle onder andere saam met plaaslike orkeste aan ‘n Somerfees in Bratislava deelgeneem het. Die orkes het in 2013 saam met die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes en die Musica Perpetua van Paul Roos Gimnasium opgetree as deel van die Stellenbosch Woordfees.

In 2016 het die Stringendo strykorkes 'n inisiatief van beide Bloemhof en Paul Roos geword, waarmee samewerking tussen die twee skole aangemoedig word.

Die orkes het baie goed gevaar by onlangse plaaslike kunswedstryde. Hulle verdien Goudplus by beide die Stellenbosch en Helderberg eisteddfods, en ontvang ook spesiale vermelding by laasgenoemde.

Stringendo strykorkes bestaan tans uit 15 lede en verteenwoordig die hele strykerfamilie. Die repertorium is gevarieerd en sluit klassieke asook ligte musiek in.

Amoré Steyn is die huidige dirigent van die Stringendo Strykers. Me Steyn is deel van die vakmusiekspan van Bloemhof.

 

MUSICA PERPETUA BLAASORKES

Alle blaasinstrumentaliste van Bloemhof het die geleentheid om in die Musica Perpetua Blaasorkes te speel wat ook ‘n gesamentlike orkes tussen HMS Bloemhof en Paul Roos Gimnasium is.

Die orkes bestaan tans uit 35 lede en alle blaasinstrumente word verteenwoordig. Die orkes tree jaarliks by eisteddfods op, word by alle skoolfunksies gehoor en speel graag by welwillendheidsgeleenthede.  

Hulle het twee Goudplus sertifikate ontvang by vanjaar se kunswedstryde en staan onder leiding van Renaldo Wales. Mnr Wales is ook die koperblaas-onderwyser van Bloemhof.

InvestecRola MotorsIncredible ConnectionSuid Afrikaanse TaalbondMy School