Hoër Meisieskool Bloemhof
2.jpg

Databasis

Oud-Bloemhoffers staan saam

'n Hele klomp oud-Bloemhoffers het op 19 April by die skool saamgetrek vir die Bloemhofbond se algemene jaarvergadering, waar daar nie nét gekuier is nie, maar waar verskeie belangrike sake aangespreek is. Dié Bond vir oud-leerders is natuurlik afhanklik van elke oud-Bloemhoffer om aan te sluit en aktief die skool te ondersteun, en na aanleiding van die groot hoeveelheid jong gesigte wat kom saamgesels het, lyk dit of daar 'n besliste oplewing in die Bond gaan plaasvind!

'n Aanlyndatabasis sal teen einde van Mei op die webwerf beskikbaar wees, so elke oud-leerder word aangemoedig om aan te sluit en te kom saamkuier wanneer die geleentheid hom voordoen. Julle teenwoordigheid by enige Bloemhof-funksie help beslis bou aan skooltrots - vir die huidige leerders én vir die ouer garde!

Die nuwe komitee, weer onder leiding van die bekwame Helen Kroes, sien daarna uit om julle almal by die Bloemhofbond te verwelkom.

Bloemhof Bond Nuusbrief 1, 2012

Laai die nuutste Bloemhofbond nuusbrief af.