|
|
|
Bekende Alumni
Bekende Alumni
Ons is tans besig om 'n databasis van alle bekende oud-Bloemhoffers saam te stel. Indien u 'n bydrae sou wou maak, kontak aseblief vir
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
by die skool.
Bloemhof langasem pak oseaan
Carina Bruwer, hoofdogter van 1997, is steeds besig om die oseane te tem.
Nadat sy vroeër die tog na Robbeneiland aangepak het, het sy aan die begin van April die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword wat om Kaappunt geswem het.
Op 27 April het sy om die suidpunt van Afrika by Agulhas geswem.
Vir 'n besondere bydrae tot Vrouedag, wou sy die eerste persoon word wat om Danger Point naby Gansbaai geswem het. Ongure weer het egter dié plan in die wiele gery. Drie dae later het sy omstreeks 12:00 van 'n strandjie by Romansbaai weggespring en 3 uur 16 min 58 sek later - 'n swemtog van 10.5 km - by Kruismansbaai aan wal gestap. Die temperatuur van die water was tussen 14oC en 15oC, maar kon sy ten spyte van die koue, 'n gemiddelde spoed van 3.5 km/h handhaaf. Toe sy tussen die Birkenheadrots en die vuurtoring deurswem, is die mishoring vir die eerste keer in agt jaar geaktiveer om haar met drie blase te begroet.
Sy hoop dat al hierdie swemprestasies sal verseker dat sy genoeg borgskappe kan kry om oor die Straat van Gilbraltar te swem.
Sy swem daagliks 5 km. Nou wil sy eers konsentreer op haar musiek - sy is 'n uitmuntende dwarsfluitspeler en met haar Flute for thought in die Baxter- in die Baxter- teater en op die Grahamstad-kunstefees, wil sy ook die konsertsale verower.
|
|
|
|
|