Skoolwapen
Â

Die Bloemhof skoolwapen is ons trots en simboliseer waarvoor ons staan.
- Die groen lowerkrans met akkers simboliseer die Eikestad, Stellenbosch, ons tuiste.
- Die swart band met gespe is die simbool van die band wat alle Bloemhoffers en oud-Bloemhoffers met mekaar verbind.
- Die oopgeslane boek is 'n simbool van kennis; die sleutels bied die moontlikheid om kennis te ontsluit en die drie ringe simboliseer Geloof, Hoop en Liefde.
- Semper Fidelis, die skool se leuse, beteken Altyd Getrou - een van die karaktereienskappe van Bloemhoffers.