Die Klerebank
Die Klerebank is Maandae en Woensdae van 12:00 tot 15:00 oop. Die spesiale ure vir Desember en Januarie 2012 kan hier afgelaai word.
Kontak Mari Kieck, Julie Bone (082 781 4416 of
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
), Erika Mitchell (083 648 8189) tydens kantoorure vir meer detail of e-pos hulle by
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
.
Indien u aankope wil maak, het u die onderstaande betalingsopsies.
Die Klerebank bied ongelukkig geen krediet aan leerders of ouers nie.
1. U kan 'n betaling maak in die skoolfonds bankrekening. Spesifiseer SKOOLDRAG en die leerder se naam en van. Hierdie kan dan as 'n debietbedrag gebruik word en die leerder kan deur die verloop van die jaar hierop aankope maak. Dit werk lekker vir koshuisleerders, of indien u so wil begroot.
2. U kan 'n bestelling plaas by die Die Klerebank, die presiese bedrag van die aankope kry, en 'n inbetaling maak. Sodra Die Klerebank die bewys van betaling ontvang het, sal hulle die klere aan die leerder oorhandig.
3. U kan kontant, per tjek of per debiet- of kredietkaart kom aankoop by Die Klerebank.