Sluit aan by die ATKV-redenaars, wat deelneem aan interne redenaarskompetisies, landwye kompetisies en forumdebatte. Ons wil graag aan die leerders die geleent-heid bied om gemaklik te wees om in die openbaar of voor ‘n gehoor hulle woord goed te kan doen en met selfvertroue in die openbaar te praat. Hulle moet kans kry om oor sake van aktuele belang te debatteer, om logies te redeneer en ook om ‘n ingeligte mening oor sake van die dag te hê en te leer om in spanverband saam te werk. 

Met bogenoemde in gedagte gee ons aan die leerders die geleentheid om aan verskeie kompetisies deel te neem. Ons skryf gemiddeld 10 spanne in om aan die ATKV se debatskompetisie deel te neem, waarin ons die afgelope twee jaar elke keer ‘n span in die nasionale finaal gehad het. Ons redenaars neem net so suksesvol deel en het ook in vorige jare tot in die finaal gevorder.