Die o.19-waterpolospan het verlede naweek aan die Oak Hill Waterfront Chukka-waterpolofees in Knysna deelgeneem waar hulle as die wenners gekroon is.

Die span was in hul vyf uitspeelwedstryde onoorwonne en het in die semifinal vir Kingswood College van George 7-3 geklop.  Ook in die finaal oorheers die Bloemhoffers toe hulle vir Hoërskool Vishoek 8-1 wen.

Dié waterpolotoernooi is uniek in die sin dat dit nie in ’n swembad gespeel word nie, maar in die Knysna hawe.

Voor van links na regs op die foto hier bo is Nichola Otto (kaptein), Mila Aggenbach, Karina Petzer, Lisa Kruger en Tahlia Volschenk.  Agter (v.l.n.r.) is Jané Louw, Megan Breytenbach, Karli van den Berg, Lian Botha, Tenika Franken, Anke Kotze en Emma Coetzee.  Foto:  Liezl Potgieter.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos