Toegangskaartjies vir die 4M-atletiekbyeenkoms is nou by die betaalkantoor beskikbaar. Kaartjies word teen R20 elk verkoop en slegs 500 kaartjies is vooraf beskikbaar.

Daar sal slegs 240 kaartjies op die dag by die hek verkoop word en dus word ouers aangemoedig om vooraf kaartjies te koop. Daar is geen waarborg dat hierdie kaartjies vir lank beskikbaar sal wees nie.

As gevolg van streng veiligheidsmaatreƫls word die hekke na diƩ kaartjies verkoop is, gesluit en slegs kaartjiehouers sal toegang gebied word. Geen uitsonderings sal gemaak word nie.