Weens veiligheidsredes moet die BloemRoos-reëlings vir môre (7 Februarie 2019) aangepas word.  Ons gee dus die volgende belangrike inligting aan ons leerders en ouers deur:

  • Die drie skole van Paarl sal môre op die pawiljoen sitplek hê.
  • BloemRoos sal op die grasperk aan die rivierkant van die stadion sit.
  • Bring asb. genoeg sonbrandroom, ’n pet/hoed/sambreel en baie water saam.
  • Jy mag jou drawstring-sakkie, jou klein Bloemhof-sportrugsak of jou Bloemhof-handsak saamneem.
  • Alle Bloemhoffers is welkom om die geleentheid by te woon (en nie meer net die seniors nie), maar dit is NIE VERPLIGTEND NIE.
  • Die sportkantoor het groot oorhoofse tente gereël sodat daar skaduwee sal wees, maar wees asb. voorbereid vir ’n warm dag in die son.
  • Ouers sal ongelukkig ook nie op die pawiljoen kan sit nie, maar mag opvoustoele en sambrele saamneem.  

LEERDERS WAT WEL DIE PRESTIGE ATLETIEK BYWOON:

  • Los jou tas in die lokaal waar jy die laaste periode klas het en kry dit Vrydagoggend weer daar
  • Die skool sal direk na periode 7 vanaf die Koshuishek stap – ons ontmoet mekaar dus voor die koshuishek
  • Daar is ongelukkig geen laat-busse môre nie

Baie dankie vir almal se begrip en samewerking.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos