“What I have learned as a coach over the last few years is to remind the girls never to give up.  Keep doing what you are doing; always try be better than the day before.  It may take time or it may come easier to you than to others.  Either way, stick to your guns – and, very important, you must enjoy the journey”.

 
Dit is die woorde van Luke Manthe, die Suid-Afrikaanse o.18-dames waterpolo-afrigter wat verlede week tyd uit sy besige skedule geneem het om Bloemhof se o.14, o.16 en o.19-waterpolospelers vir ’n oefensessie te neem. Nie net is hy die o.18-afrigter nie, maar ook die nasionale damesspan se hulpafrigter. 
 
Die drie spanne het onder mnr. Manthe se wakende oog verskillende oefeninge baasgeraak terwyl sekere tegnieke en vaardighede in kleiner groepe aangeleer en ingeoefen is. 
 
“Die spontane en positiewe reaksie van die spelers beaam Luke se mening dat dit die belangrikste is om die spel te geniet,” sê me. Almaré van der Vyver, sportbestuurder vir Waterpolo.  
 
Foto’s:  Leon Piron
Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos