‘n Aantal bouprojekte het die afgelope ses maande vir ‘n gewoel en werskaf en groot opwinding op die skoolterrein gesorg.  

In die nat wintermaande was daar ‘n gebrek aan ‘n warm ruimte waar ons leerders kan sit en werk of gesels. Selfs ná skool was daar nie ‘n beskutte wagplek nie. Die reuse spasie onder die biblioteek is deur middel van stapeldeure in ‘n veeldoelige vertrek omskep. Vir eers gaan ons die ou biblioteektafeltjies en -stoele daar plaas.

Die biblioteek (Mediateek) dra ook ‘n nuwe baadjie en vorm saam met die rekenaarlokaal die nuwe navorsingsvleuel.  Afrondingswerk hieraan word tans afgehandel en die ruimte sal amptelik op 11 Maart geopen word.

Bloemhof se Fiksheid- en fisioterapiesentrum is in die stoorspasie agter die sentrumverhoog ingerig en het in Januarie haar deure oopgegooi.  Leerders is welkom om dié gimnasium in die middae te gebruik.

Ons sê ook dankie vir die ouers, leerders en personeel se geduld met die plavei van die hoofinrit – gelukkig is die opknapping ‘n kort ongerief in die lange duur.

Hierdie projekte is grotendeels uit skenkings befonds en vorm deel van die strategiese plan om die beste fasiliteite aan ons leerders te kan bied en sodoende ‘n gelukkige leeromgewing te skep.  

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos