Mila Olivier (links) en Anje Dercksen in hul Proteabaadjies. Foto: Stephan Meyer

Twee Bloemhoffers, Mila Olivier (gr. 11) en Anje Dercksen (gr. 12) het verlede naweek aan die Nasionale Protea Ruiterkunsproewe in Parys (Vrystaat) deelgeneem en is by die Proteaspan ingesluit.

Mila is ’n lid van Wes-Kaapvyfgangspan wat ‘n tweede plek in die interprovinsiale kompetisie behaal het.  Sy verwerf haar Junior Proteakleure in Drie- en Vyfgangruiterkuns en sal Suid-Afrika in Julie vanjaar in die VSA verteenwoordig.

Haar niggie Anje is ook ’n lid van die Wes-Kaapvyfgangspan wat ‘n tweede plek in die interprovinsiale kompetisie behaal het, maar sy verwerf boonop ’n eerste plek in beide die Drie- en die Vyfgang.  Anje verwerf dus haar Senior Proteakleure en sal ook van 1 tot 5 Julie in New Oreleans in die VSA gaan deelneem.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos