Slaan ’n slag op Bly Vrydag

Die US Woordfees hou op 1 Februarie 2019 weer Bly Vrydag, wanneer meer as 3 600 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20-80% aangebied word. ALLE kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is kos slegs R30. Die Woordfees en kykNET, wat albei vanjaar hul 20ste verjaardag vir, sal ook kaartjies weggee.

“Ons beskou teater, musiek en oop gesprek as ’n noodsaaklikheid en nie ’n luukse nie,” sê Saartjie Botha, die US Woordfeesdirekteur. “Met Bly Vrydag wil die Woordfees dit vir soveel as moontlik Stellenbossers moontlik maak om ’n vertoning of aanbieding tydens die fees te kan bywoon. Ons sê ook op dié manier dankie vir ons dorp se lojale ondersteuning.”

Amper 200 van die produksies wat vanjaar by die Woordfees te sien sal wees, is deel van die Bly Vrydag-uitverkoping. Dit sluit die gewilde Coetzenburg-konserte in. Dit wil sê jy kan goedkoop kaartjies opraap na Zoid, Zolani, Kahn & Patlansky sowel as die Woordfees Karnaval met, onder andere, die Boogie Show, Jimmy Nevis en Paxton.

Aangesien kykNET en die Woordfees beide vanjaar 20 jaar jonk word, sal dié twee verjaardaggenote dubbelkaartjies vir die Woordfees Karnaval aan 20 gelukkige kaartjiekopers uitdeel. Maak dus seker jy koop kaartjies vir die Karnaval – jy stap dalk net met twee ekstra weg.

Daar sal ook groot Bly Vrydag-afslag wees op aanbiedings wat deel is van:

– die skrywersprogram (o.m. Deon Meyer: Prooi, Rainbow Nation – By Car, Boekklub: Deon en Ysra van Ysland, Kick-Ass Heroines, ‘The Boss’ word sewentig, Killing Karoline)

– toneelprogram (o.m. Afrikaan, Die reuk van appels, Die gangsters, My seuns),

– stand-up-komedie (o.m. Schalk Bezuidenhout & Loyiso Madinga, Casper de Vries & Khanyisa Bunu, Barry Hilton & Bennie Fourie)

– Sanlam Musiekfees (o.m. Desmond & The Tutus met Jackle & The Wind, ’n Dag in tyd, Elvis Blue: Stories, Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman, Spoegwolf)

– Klassieke musiek (o.m. Agnus Dei – Meditasies, Orrelweek: Christiaan Carstens, US Camerata, Orrelweek: Zorada Temmingh)

kinderproduksies (Die bul die wil nie, Kikkerland: lag ’n slag, The Dreambox en Tjiff & Tjaff III.)

Bly Vrydag werk só:

  • Kopers kan met kontant of ’n bankkaart betaal.
  • Kaartjies is slegs by die vier ondergenoemde punte beskikbaar en slegs tydens die aangeduide tye.
  • Die aanbod geld net vir uitgesoekte vertonings.
  • Die aantal afslagkaartjies per vertoning is beperk.
  • ’n Vaste aantal kaartjies word per verkoopspunt beskikbaar gestel.
  • ’n Maksimum van twee kaartjies per vertoning per verkoopspunt.
  • ’n Maksimum van ses kaartjies per persoon per verkoopspunt.
  • Vir R30-kaartjies kan geen besprekings of telefoonbesprekings gemaak word nie. Die uithou of omruil van Bly Vrydag-kaartjies is ook nie moontlik nie.

Bly Vrydag-kaartjies is by die volgende vier plekke gedurende die volgende tye beskikbaar:

07:00 – 08:00: by HS Lückhoff 

09:30 – 11:00: by Erfurthuis  (voor op die stoep)

12:00 – 14:00: by Laerskool Eikestad (Doornbosch-straat by die hek) 

17:00 – 18:15: by Vensters in Victoriastraat, langs die Visuele Kunste-gebou. (Jy het nie ’n kaartjie vir Vensters nodig om by die verkooppunt uit te kom nie.)

19:00 – 21:00: by Erfurthuis in die kaartjieskantoor.

Die volledige feesprogram is op die Woordfees se webwerf beskikbaar: www.woordfees.co.za

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos