Baie dankie vir almal se geduld met die opgradering van Bloemhof se hoofingang.  Om die verkeersvloei te verbeter tot en met die plaveiwerk voltooi word, sal die hek na die dienspad tussen Bloemhof en Rhenish oop wees.  Ons doen ‘n vriendelike beroep op ouers/voogde om ‘n sirkelroete op die terrein te volg:

  • Ry by die Koshuis-hek IN
  • Volg die pad tussen die swembad en die netbalbane
  • Ry by die dienspad-hek langs die astro UIT en volg die pad tussen Bloemhof en Rhenish tot in Kochstraat  

By voorbaat dankie vir u samewerking in dié verband.  

Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos