Die nuutste toevoeging tot die Hoër Meisieskool Bloemhof se kultuurprogram is ’n a capella-sanggroep wat reeds vroeg in die skooljaar hul eerste note saam as groep laat opklink het.  Die groep, onder leiding van me. Marijke de Villiers-Roos, bestaan uit twintig leerders. 

“Ek is baie opgewonde oor die groep.  Daar is soveel potensiaal en talent wat groei,” sê Danielle van Rooyen (graad 10). Annemi Burger (ook graad 10) beaam dit: “Dis meer as net mense wat saam sing.  Dit is ’n familie wat vorm.”

De Villiers-Roos meen dat hierdie groep nie net talentvol en energiek is nie, maar dat dit juis hul positiewe gesindheid is wat haar opgewonde maak. 

Al het die groep nog nie ’n amptelike naam nie, het hulle reeds drie liedere ingeoefen, iets waaroor mev. Dalene Bosman, Bloemhof se musiekhoof baie opgewonde is.  “Ons sien met verwagting uit na die eerste optrede!” sê sy.

Deel hierdie plasing
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on google
Google+
Share on tumblr
Tumblr
Share on linkedin
LinkedIn
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Druk
Share on email
E-pos