Leerders kan op Dinsdag, 15 Januarie vir die Interhuis-atletiek in hul huis-klere skool toe kom.  Bring R10 saam indien jy jou hare blou, rooi of groen wil laat spuitverf – fondse is ten bate van CANSA en word deur Phoenix gereël.

Die dag sal as volg verloop:

07:40 – 08:10:  Dag 7 per. 1

08:15 – 08:45:  Dag 7 per. 2

08:50 – 09:20:  Dag 7 per. 3

09:20 – 09:40:  Pouse, leerders stap by die Sentrum in

09:40 – 10:40:  Bekendstelling van die 2019-kreet en kreetoefening

10:40 – 11:00:  Leerders stap na Markötter-sportgronde

11:00 – 14:20:  Interhuis-atletiek by Markötter-sportgronde

Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos