Alle graad 8-leerders word herinner dat hulle môre, Donderdag 10 Januarie, in hul atletiekdrag skool toe kom.  Graad 8’s moet ook hul swemklere bring.  Dit hoef op hierdie stadium nog nie Bloemhof-swemklere te wees nie, maar daar word wel gevra dat dit ‘n eenstukkostuum (enige kleur) moet wees.