Veels geluk aan ons 74 A-kandidate wat vanjaar elkeen ‘n spesiale pêrelhangertjie ontvang.  Die Pêrelseremonie vind op Woensdag, 9 Januarie om 08:30 in die Bloemhof Sentrum plaas.  Ouers/voogde is welkom om hierdie spesiale geleentheid by te woon.

Hier volg ‘n paar algemene reëlings:

  • Besoekers kan reeds vanaf 08:15 hul sitplekke inneem – daar sal voor in die sentrum plek gehou word
  • Die A-kandidate (‘n lys is hier beskikbaar) tree om 08:20 in die sentrum se voorportaal aan waar me. Van Heerden julle sal ontmoet voordat julle instap
  • Ná die seremonie sal verversings in die skoolsaal bedien word