Weer 100% slaagsyfer vir Klas van 2018

Veels geluk aan die matriekleerders wat weer puik in die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen presteer het.  Die Klas van 2018 spog met ’n 100% slaagsyfer en 74 van die 146 kandidate wat die eksamen voltooi het, het met ’n gemiddeld van 80% of hoër geslaag. 50,7% van die graadgroep slaag dus met ’n A-simbool.

 

MATRIEKUITSLAE – OPSOMMEND

  • 100% slaagsyfer – 146 van 146 kandidate slaag
  • 98.6% matrikulasievrystelling – 144 van die 146 kandidate*
  • 74 van die 146 kandidate (50.7%) slaag met ’n A-simbool
  • 29 leerders behaal ’n gemiddeld van 75-79%
  • 119 van die 146 kandidate (81.5%) slaag met ’n B-simbool of hoër
  • Graadgemiddeld: 78,1%
  • 524 A’s oor 22 vakke
  • 10 van die 22 vakke het vakgemiddelde bo 80%
  • 18 van die 22 vakke het vakgemiddelde bo 75%
  • 2 leerders – Louie Gerber en Jeanne Claassen – slaag met 8A’s
  • 24 leerders slaag met 7A’s
  • 19 leerders slaag met 6A’s
  • 12 leerders slaag met 5A’s
  • 17 leerders slaag met 4A’s

TOP 10-LEERDERS:

  1. Danielle-Verné Louw (96,17% met 7A’s)
  2. Alet Müller (95,33% met 7A’s)
  3. Louise Bührmann (94,33% met 7A’s)
  4. Louie Gerber (94,00% met 8A’s)
  5. Jeanmari Conradie (92,67% met 7A’s)
  6. Carla Conradie (91,67% met 7A’s)
  7. Jeanne Claassen (90,50% met 8A’s)
  8. Ilke Horn (90,33% met 7A’s)
  9. Mia Fick (90,00% met 7A’s)
  10. Stephanie Malherbe (89,67% met 6A’s)