Jaarblad 2018: Kontrole

Ons poog werklik om seker te maak dat leerders se name en vanne reg in die jaarblad vertoon, maar doen ‘n beroep op leerders om dit asb. self na te gaan.

‘n Kontroleblad met die foto’s en onderskrifte kan by bit.ly/jaarblad2018kontrole afgelaai word.  Gaan as volg te werk:

  1. Maak asb. seker jou naam en van is korrek gespel – veral wat skryftekens en hoofletters betref.
  2. Kontroleer asb. dat jou naam en van op die regte plek in die onderskrif is.  Alle name vertoon van links na regs.
  3. Indien jy op Fotodag afwesig was, maak asb. seker dat jou naam en van onder “AFWESIG” op die foto aangedui word.

Indien jou naam en/of van verkeerd aangedui is, is daar tot Woensdag, 14 November kans om dit reg te stel.  Stuur ‘n e-pos aan stephan@bloemhofschool.co.za waarin jy:

  1. Die foto se naam aandui
  2. Die korrekte spelling van jou naam en van verskaf

Matrieks wat op Fotodag afwesig was, moet asb. op Woensdag, 14 November 2018 ná hul vraestel na die sportkantoor kom.  Trek asb. jou stepouts aan.

Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos